Stel jouself voor dat ek jou ʼn keuse van vier geskenke aanbied:
- Die oorspronklike Mona Lisa
- Die sleutel van ʼn splinternuwe Lamborghini
- Een miljoen dollar in kontant
- ʼn Valskerm
Jy kan slegs een kies. Watter een sal jy kies? Voordat jy ʼn besluit maak, hier is ʼn bietjie informasie wat jou sal help om te besluit watter een die wyse keuse is: Jy moet 10,000 voet uit ʼn vliegtuig spring.
Skep dit vir jou ʼn beter prentjie sodat jy jou besluit kan maak? Ek hoop so, want jy het die valskerm nodig. Dit is die enigste een van die vier geskenke wat jou uit hierdie dilemma gaan help. Die ander het wel baie waarde, maar hulle is nutteloos as jy die wet van gravitasie in die oë staar terwyl jy 10,000 voet deur die lug val. Die wete dat jy gaan moet spring behoort ʼn gesonde vrees in jou op te wek - en dié soort vrees is goed, want dit kan jou lewe red. Hou dit in gedagte.
Nou, dink aan die vier hoof godsdiens groepe:
- Hinduisme
- Boeddhisme
- Islam
- Christenskap
Watter een sal jy kies? Voordat jy ʼn besluit maak, hier is ʼn bietjie informasie wat jou sal help om te besluit watter een die wyse keuse is: Die hele mensdom staan op die rand van die ewigheid. Ons gaan almal eendag doodgaan. Elkeen van ons gaan voor die deur van die dood staan. Jou beurt is dalk oor twintig jaar of ses maande ...of vandag. Vir meeste mense is die dood ʼn groot en vreesagtige stap ... die onbekende in. Wat staan ons nou te doen?
Onthou jy dat dit die wete was dat jy uit die vliegtuig moes spring wat gelei het tot vrees, en dat daardie vrees jou gehelp het om die regte besluit te neem. Dit is omdat jy weet wat die wet van gravitasie aan jou kan doen. Op dieselfde manier gaan ons kyk na ʼn ander wet, en dan sal die wete wat hierdie wet aan jou kan doen, jou hopelik help om die regte keuse te maak omtrent die lewe se grootste vraag. So, bly by my - en onthou dat jou vrees vir jou moet werk.
