Nadat ons sterf staar ons, wat genoem word “die wet van die Gees van die lewe” in die gesig.”1 Ons ken die wet as die “Tien Gebooie.”
So kom ons kyk hoe jy sal vaar as jy voor die wet staan met die Oordeelsdag. Het jy God meer as enige iets of iemand anders liefgehad? Is Hy eerste in jou lewe? Hy is veronderstel om te wees. Hy het jou lewe gegee en alles wat na aan jou is. Het jy
Hom lief met jou hele hart, siel, verstand en krag? Dit is die vereiste van die Eerste gebod. Of het jy die Tweede gebod verbreek deur vir jou ʼn afgod in jou verbeelding op te maak, wat jou beter pasdeur te sê, “My god is ʼn liefdevolle en genadevolle god wat niemand hel toe sal stuur nie”? Daardie
god bestaan nie. Om ʼn god in jou verbeelding te skep (jou eie weergawe van God) is wat die Bybel ʼn afgod noem. fgodsdienaars gaan nie Hemel toe nie.
Het jy al ooit God se naam ydellik gebruik, as ʼn vloekwoord om jou woede uit te druk? Om God se naam ydellik te gebruik en is ʼn baie ernstige oortreding in God se oë. Daarmee verbreek jy die Derde gebod, en die Bybel sê dat God die persoon wat sy naam ydellik gebruik nie ongestraf sal laat nie.
Het jy nog altyd jou moeder en vader ge-eer, en die Sabbatdag geheilig? As jou antwoorde nee is op hierdie twee vrae, het jy die Vierde en Vyfde gebod verbreek. Het jy al ooit iemand gehaat? Die Bybel sê, “Wie ook al sy broer haat ʼn moordenaar is.”2
Die Sewende gebod is “Jy mag nie egbreek pleeg nie,” maar Jesus het gesê, “Elkeen wat vir ʼn vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreek gepleeg”3 (die Sewende gebod sluit seks voor die huwelik ook in). Het jy al ooit met begeerte gekyk na ʼn ander persoon of seks buite die huwelik gehad? Dan het jy die Sewende gebod verbreek.
Het jy al ooit ʼn leuen vertel? Enige iets gesteel, ongeag die waarde daarvan? As jy het is jy ʼn leuenaar en ʼn dief. Die Bybel sê, “Valse lippe is vir die Here ʼn gruwel,”4 omdat Hy ʼn God van waarheid en heiligheid is. Het jy al ander mense se goed begeDit is ʼn oortreding van die Tiende Gebod.
