Wat sal jou gevoel wees teenoor die man wat daardie hulpelose klein dogtertjie in so ʼn onbeskryfl ike brutale manier vermoor het? Is jy kwaad? Ek hoop so. Ek hoop jy is woedend.. As dit jou nie raak nie dan beteken dit daar is iets radikaal verkeerd met jou karakter.
Dink jy God staan onaangeraak teenoor so ʼn gruwel? Nee! Hy is woedend daaroor. God sal so ʼn daad nie ongestraf laat bly nie.
Die toorn van die Almagtige God teenoor boosheid is die bewys van Sy goedheid. As God nie toornig daaroor was nie, sou Hy nie goed gewees het nie. Ons kan nie God se goedheid van Sy toornigheid skei nie. Weereens, as God goed is van nature, moet
Hy onuitspreeklik kwaad wees oor alle boosheid.
Maar God se goedheid is so groot dat sy woede nie net beperk is tot die boosheid van verkragting en moord nie. Niks is verborge vir God se rein en heilige oë nie. God se woede ontvlam teenoor alle boosheid soos marteling, terrorisme, aborsies, diefstal, leuens, hoerery, owerspel, losbandigheid,
egbreuk, pedofi lie, homoseksualiteit en laster.
God sien ook ons gedagtewêreld en Hy sal ons oordeel vir die verskuilde sondes van die hart, soos vir wellus, haat, ebellie, gierigheid, hebsug, onrein gedagtes, ondankbaarheid, selfsug, jaloesie, trots, hoogmoed, afguns, bedrog, ens. Jesus waarsku
ons: “Dit sê Ek vir julle: Van elke ligsinnige woord wat die mense sê, sal hulle rekenskap moet gee op die oordeelsdag”6 (klem bygevoeg).
Die Bybel sê dat God se toorn “bly” op elkeen van ons,7 en dat elke keer wanneer ons sondig, ons “toorn opgaar” wat ontbloot sal word op die oordeelsdag. Ons word selfs genoem “van nature
die kinders van oordeel”9 (klem bygevoeg). Om te sondig teen God kom natuurlik vir ons – en daarom verdien ons God se toorn deur middel van ons sondige natuur.
