ONMIDDELLIKE DOOD

Baie mense glo dat omdat God goed is, Hy almal sal vergewe en alle sondaars in die Hemel sal toelaat. Maar God se goedheid word verkeerd verstaan. Toe Moses eens gevra het om God se Heerlikheid te kan aanskou, het God vir Moses geantwoord dat
geen mens God kan sien, en bly leef nie. Moses sou onmiddellik gesterf het as hy God se Heerlikheid sou aanskou het. Oorweeg die volgende vers uit die King James Vertaling:

And the Lord said: “... I will make all my goodness pass before you ...And it shall some to pass, while my glory passes by, that I will put you in a cleft of the rock, and will cover you with my hand while I pass.” 10

Let daarop dat God se heerlikheid in die Engelse vers, as God se goedheid vertaal word. Die goedheid van God sou Moses onmiddellik laat sterf, as gevolg van Moses se persoonlike sondigheid. Die vuur van God se goedheid sou hom verteer het, soos ʼn koppie water wat op die oppervlak van die son uitgegiet word. Die enigste manier waarop ons in die teenwoordigheid van God kan verskyn, is deur middel van ʼn rein hart. Jesus het gesê: “Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien”11 Maar as ons na die Wet kyk dan is nie een van ons
“rein van hart nie.”

Hierdie is vreeswekkende gedagtes omdat die God waarvan ons hier praat nie die god is wat ons in ons gedagtes bedink nie. Hy is nie die goedgunstige Vader- fi guur wat altyd vir ons glimlag oor ons sondige mensheid nie. Te-midde van hierdie
vreeswekkende gedagtes onthou, laat vrees vir jou werk. Die Vrees vir God is die gesondste vrees wat jy kan bekom, die Bybel noem dit die beginsel van Wysheid.”12

Weereens, jou kennis van God se Wet sal jou help om te kan sien dat jy ʼn lewensgevaarlike dilemma in die gesig staar: God se wraak (Regverdige toorn) teenoor jou persoonlike sondes. Die regverdige straf vir sonde-- die verbreking van net een Wet beteken die dood en ʼn ewigheid in die Hel. Maar jy het nie
net een Wet verbreek nie, net soos die res van ons, daar is geen onderskeid nie, het jy die hele Wet al baie keer verbreek. Hoe woedend en toornig sou jy sê, mag ʼn Regter wees, teenoor ʼn misdadiger wat die hele Wet al ʼn duisend keer verbreek het?



Next Page >


© 2007 Ray Comfort. All rights reserved ~ Graphics www.genesis-group.net ~ Website designed by Kiwiblue Design.
Login Back To Top