Kom ons kyk na die vier hoof gelowe, om te sien of hulle jou met jou dilemma kan help.
Hinduisme
Die geloof van Hinduisme glo dat as jy slegte dinge doen, kan jy moontlik in ʼn volgende lewe terugkom aarde toe as ʼn rot of ʼn ander soort dier. 13
As jy goed is, kan jy moontlik terugkom as ʼn prins. Maar dit is amper soos om te sê: “Wanneer jy uit ʼn vliegtuig spring, sal jy terug gesuig word as ʼn ander passasier. As jy sleg was, sal jy in die Ekonomiese Klas (diere) eindig. As jy goed was, sal jy bevorder word tot Eerste Klas (mense). Dit is ʼn interessante konsep, maar dit handel nie met die probleem dat jy gesondig het teen God, of die probleem van die werklikheid van die Hel nie.
Boeddhisme
Dis ongeloofl ik om te glo, maar die Boeddhiste ontken heeltemal dat God bestaan. Hulle leer dat die lewe en dood ʼn tipe illusie is.14 Dis is soos om by die deur van ʼn vliegtuig te staan en te sê: “Ek is nie werklik hier nie; daar is nie so iets soos die wet van swaartekrag nie; daar is geen grond wat ek sal tref as ek hier uitval nie.” So gedagtegang kan jou
dalk help om tydelik jou vrese te oorkom, maar dit rym nie met die werklikheid nie. Dit handel ook nie met die probleem dat jy teenoor God gesondig het, en dat daar ʼn werklike hel is nie.
Islam
Interessant genoeg, erken Islam die werklikheid van sonde en die Hel, sowel as die geregtigheid van God, maar hulle hoop dat sondaars God se geregtigheid kan ontvlug, deur goeie gelowige werke te doen. God sal dan, volgens hulle, hierdie goeie
werke sien en, as gevolg daarvan, sal Hy hopelik genadig wees – maar hulle is nie hiervan verseker nie.15 Elke persoon se werke sal geweeg word op die dag van oordeel, en dan sal daar besluit word wie is gered en wie nie. Die besluit sal gebaseer
wees op die volgende; Het jy Islam gevolg; was jy opreg in jou bekering en het jy genoeg goeie dade verrig om jou slegte dade uit te balanseer?
So Islam glo dat jy God se genade kan verdien deur jou eie krag. Dit is soos om uit die vliegtuig te spring en met jou arms te klap met die idee dat dit die wet van gravitasie gaan uit kanselleer en wat jou gaan red van ʼn 3000 meter val. Daar is nog iets anders om aan te dink.
Die Wet van God wys vir ons dat die beste van ons niks anders as boos en krimineel is nie en ons staan veroordeel voor die troon van ʼn Perfekte Heilige Regter. As dit verstaan word, dan word ons “regverdige dade” vir niks meer gesien as ʼn poging om die God van Heelal daarmee om te koop. Die Bybel sê dat as gevolg van ons skuld is enigiets wat ons offer vir ons regverdigmaking (ons vryspraak uit God se hofsaal) ʼn gruwel vir God,16 en dit vergroot net ons sondestand.
Islam, net soos die ander godsdienste, los nie ons probleem op nie, ons het nog steeds die probleem dat ons teen God gesondig het en ook die werklikheid van die Hel.
Christenskap
Hoekom is die Christendom anders? Is alle gelowe nie maar dieselfde nie? Kom ons kyk. In die christelike geloof, het God self vir ons ʼn “valskerm” voorsien, en die Woord van die Here sê aangaande die Redder- “Beklee julle met die Here Jesus Christus.”17 Net soos ʼn valskerm ons probleem van swaartekrag en die gevolge daarvan kan oplos, so los hierdie Redder ons probleem van God se wet en die gevolge daarvan, op. Dit is die verlore legkaart-stuk waarna ons soek.
Hoe het God ons probleem opgelos? Hy het sy toorn bevredig deur ʼn menslike vorm aan te neem en die straf wat op ons sou kom, op Homself te neem. Die Skrif leer ons dat God in Christus die wêreld met Homself verenig het. Christenskap
verskaf die enigste antwoord – of valskerm – wat ons kan red van die gevolge van die Wet wat ons oortree het.
