Om die gawe van die ewige lewe te ontvang, moet jy jou bekeer van jou sonde (wegdraai van hulle), en moet jy die Here Jesus Christus aantrek soos wat jy ʼn valskerm sou aantrek – vertrou net in Hom vir jou redding. Dit beteken dat jy jou eie goeie werke waarmee jy God probeer beïndruk (Hom probeer omkoop) moet laat staan, en jou vertrou slegs moet plaas in dit wat Jesus vir jou gedoen het. Eenvoudig gestel, laat jouself oor aan die genade van die Regter. Die Bybel sê dat God ryk is aan genade vir almal wat Hom aanroep,23 so roep Hom nou aan. Hy sal jou hoor wanneer jy met ʼn nederige en berouvolle hart tot Hom nader.
Doen dit sommer nou want jy weet nie wanneer jy daardie sprong deur die deur van die dood sal moet neem nie. Bely jou sonde teenoor God, plaas jou vertroue in Jesus om jou te red, en jy sal van die dood tot die lewe oorgaan. Dit is ʼn belofte van God aan jou.24
Bid nou ʼn gebed soortgelyk aan die volgende:
“Liefdevolle God, vandag draai ek my rug op al my sondes [noem hulle] en ek plaas my vertroue in Jesus Christus alleen as my Heer en Redder. Vergewe my asseblief, verander my hart en skenk aan my U gawe van ewige lewe. Ek bid dit in Jesus naam.
Amen”
Plaas nou jou geloof in God. Hy kan volkome vertrou word. Moet nooit twyfel in Sy beloftes nie. Hy is nie ʼn mens dat Hy sal lieg nie. Die opregtheid van jou gebed sal gedemonstreer
word deur jou gehoorsaamheid aan God se wil, so lees Sy Woord (die Bybel) elke dag en gehoorsaam dit wat jy lees.25
Gaan nou na www.livingwaters.com en kies “Save Yourself Some Pain”. Daar sal jy beginsels vind wat jy kan toepas om jou te help in jou geestelike groei. Jy mag dalk ook The Evidence Bible wil aanskaf, daarin word 100 van die mees algemeen-
ste vrae oor die Christelike geloof beantwoord. Die insiggewende opmerkings daarin sal jou help om as Christen te groei.26
Moet asseblief nie hierdie boekie eenkant neer gooi nie. As dit vir jou van hulp was, gee dit vir iemand vir wie jy omgee – daar is niks belangriker as waar hulle die ewige lewe gaan deur bring nie.27. Dankie dat jy die tyd afgestaan het om dit te lees.
Mag God jou en jou geliefdes seën
Ray Comfort
